Een Tree Tussen ‘n Gemaksone en die Onbekende

“En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.”  Matt 14:29

 

Een tree tussen ‘n gemaksone en die onbekende

Die kalenderjaar 2019 met sy hoogte en laagtepunte is ou nuus en iets van die verlede. Die uurglas van tyd dwing ons om gereed te maak vir ‘n nuwe tydvak van ongekende uitdagings.

 

As kinders van die God kan ons van Petrus leer, naamlik om ons gemaksones /uitdagings van 2019 agter ons te plaas en vol ywer en geloof 2020 aan te pak. Die onbekende noodsaak ons om ons onsekerheid te oorkom terwyl ons oë op Jesus Christus gefokus bly.

 

Ons kindskap waarborg ‘n bonatuurlike hand wat ons nie net in krisisse vashou nie, maar ook rigting aandui. Ons vrede is nie gesetel in ‘n kalm see nie maar wel in die Een aan wie die storms gehoorsaam is.

 

Met die fietstoer, ten bate van Bybel verspreiding en ons Grondslag Fase Bybel Gebaseerde Literatuur, wat om die draai is waardeer ons jou volgehoue bydrae. Dit waarborg konstante Bybelvertaling, verspreiding en publikasie, ongeag storms of kalmsee. Die ontvangers van die Woord word ook uitgedaag om uit hulle gemakbootjie van die bekende te klim en Jesus se hand te neem met nuwe uitdagings.

Donasies vir die verspreding van Bybels en ons Bybel Gebaseerde Literatuur kan gemaak word aan: